Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
Woorde 2026 OM AAN VAS TE HOU • Ons staan op die drumpel van ‘n nuwe jaar, en soms kan ander se wyshede en lewenslesse ook die pad vir ons belig. Hier deel ‘n paar bekendes die beste raad wat hulle al gekry het
IN DIE ARMS VAN DIE EEN WAT JOU NOOIT LAAT VAL • Psalm 46 vertel van ‘n diepgesetelde geloof – dat God ‘n toevlug is, selfs wanneer die berge skud. Maak dít jou valskerm vir 2026
Kim MAL OOR HAAR ‘BEAUTIFUL CHAOS’ • Die aktrise Kim Syster bevind haar deesdae in die middel van haar mooiste hoofstuk – as ‘n mamma van twee. Kuier het gaan inloer by haar en haar twee hartspunte
DIE NASIONALE RAMP ONDER ONS EIE DAK • In die nadraai van geweld teen vroue wat tot ‘n nasionale ramp verklaar is, deel ‘n ma van twee hoe sy uit die kloue van mishandeling ontsnap het
JUANITA SE STEM STYG UIT • Verkragting, tienerswangerskap, alkoholismisbruik en gesinsgeweld. Net een van dié oor jou pad kan jou lewe laat ontspoor, maar dié ma van twee het bo dit álles uitgestyg – en vandag getuig haar lewe van liefde en vrede in oorvloed
ZSA-ZSA TRAP DIE PAADJIE OOP • Op 32 was sy een van die jongste professors ooit om in eiendomsreg aan die Universiteit Stellenbosch klas te gee. Nou, 10 jaar ná dié prestasie, kyk sy terug met dankbaarheid op ‘n loopbaan waarin sy diep spore trap
‘KANKER HET MY REFINE, NIE DEFINE’ • Toe ‘n kankerskok haar tref het dié go-getter besluit sy sit ‘n punt agter daai kanker – nie ‘n komma nie. En vandag floreer sy in haar loopbaan en liefde
‘N DROOM GEBORE UIT DESPERAATHEID • Sy reis na spesialis-chirurg het as klein seuntjie in ‘n hospitaalkamer met sy vroeggebore sussie begin – en vandag staan hy skouer aan skouer met die beste in die land
‘SKAAMTE DEFINIEER MY NIE’ • Byna drie dekades ná haar MIV-diagnose het Criselda Kananda vir haarself – én ander – ‘n lewe sonder stigma uitgekerf
Dawn SE AMERIKAANSE HOOFSTUK • Tien jaar nadat sy Amerika toe getrek het, gesels die oud-Oudtshoorniet en aktrise Dawn Matthews oor die lewe daar en haar jongste projek
BLOU-‘BESTIES’ VIR DIE KOSBLIK • Blueberries is nie net lekker nie, dis ook goed vir jou. Dis superkos en kan in soet én sout geregte gebruik word. Of jy smoothies maak of ‘n lekker pasta – al die kinders gaan lekker tuis smul en hul kosblikke gaan leeg terugkom van die skool af
TERUG SKOOL TOE • ‘n Nuwe skooljaar wag. Ons maak skoolklere koop minder van ‘n kopseer met dié gids wat sal help dat dit nie jou sak ruk nie
ANTIE VAL PAK UIT • Kuier se Antie Val gee raad oor hoe om die nuwe jaar en sy dinge aan te pak
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ‘n mediese probleem?
WEES SON-SLIM • Noudat die somer in volle swang is, kyk ons na hoe jy jouself teen die son se geniepsige strale kan beskerm
KIES JY GERIEF BO GEMEENSKAP? • Mense is eensamer as ooit, maar is daar ‘n verband tussen ons weiering om mekaar se eienaardighede te verduur en hierdie gevoel van afgesonderdheid?
WEES SÓ ‘N BETER ‘VILLAGER’
‘N DANKBARE HOUDING • Sukkel jy om elke dag dankbaar te voel? Só kan jy inskakel by ‘n positiewe ingesteldheid vir die nuwe jaar
BEGIN SÓ JOU EIE DANKBAARHEIDSDAGBOEK
KALENDER VIR Rose • Navorsing het al bevind tuinmaak het sensoriese asook terapeutiese voordele – terwyl jy in die aarde woel, beweeg jy verby perfeksionisme en is jy mindful...