Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Kuier

Kuier

Nov 05 2026
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

HALLO, KUIER-LESERS!

ONS LESERS Vertel... • Só het Afrika se eerste brood-sommelier van ’n ambagsman en pizza-sjef tot hier gerys

LAUREN EN CHAR: • 'N BAND STERKER AS ENIGE STORIELYN In Suidooster krap hulle mekaar se oë uit oor 'n man, maar in die regte lewe baklei dié twee aktrises saam teen vooroordele en deel hulle 'n vriendskap geanker in wedersydse respek en bewondering

'ONS GROOTSTE VRESE HET WAAR GEWORD' • Hul enigste dogter is weggeryk in die fleur van haar lewe – en die mense naaste aan haar bly met onbeantwoorde vrae oor hoe- kom sy so wreed moes sterf

"HOEVEEL ANDER LY SÓ TEEN 'ONAANTASBARE KRAGGOD'?" • 'n Maand sonder elektrisiteit, 571-plus minute op die foon en duisende rande in uitgawes. Vir 'n Kaapse familie het die poging om hul krag weer aan te kry 'n stryd geword teen die kragreus Eskom

PRUDENCE: 'N 2DE KANS OP DIE LEWE • Agter haar glimlag skuil 'n ongelowlike verhaal van volharding en geloof, en vandag vier sy haar tweede kans en bepleit sy vir bewusmaking oor orgaanskening

OUD, MAAR NOG VER VAN KOUD! • Robertson se klub vir bejaardes se TikTok moves is on point en wys lewensvreugde het nie 'n vervaldatum nie

'EK VEG IN MY KIND SE NAAM' • 'n Ma vertel hoe haar dogter se gru-moord daartoe gelei het dat sy die gesig van 'n beweging geword het

HY BLAAS ASEM IN VERGETE STORIES • Van die stofpaaie van Kharkams tot die rolprentwêreld se grootste glansgeleentheid – Jason Jacobs gesels oor sy 'liefdesbrief aan die land se grootmense'

KOS-SAFARI • Isibindi Africa Lodges, met sy luukse eko-lodges in Suid-Afrika en ook oor die grens in Zimbabwe, is bekend vir hul heerlike kos, hartlike gasvryheid en egte soul food. Gaan op jou eie kos-safari met dié agt watertandresepte uit hul splinternuwe kookboek, Food Safari with Isibindi, wat deur die groep se hoofuitvoerende sjef, Carl Moller, saamgestel is

TRAP MOOI • Dis daardie tyd van die jaar wat jy jou huis en tuin wil regruk. As jy oorskiet-bousand en -sement in jou garage het, kan jy vinnig ’n hoekie in jou tuin omskep deur jou eie sementpaadjie te maak. As dit ’n klein area in jou tuin is, is dit boonop nie te duur as jy eers die sement en sand moet koop nie, en ’n lekker naweekprojek om aan te maak. Maak só self plaveistene van sement en bou paadjies tussen jou beddings

VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

SLIM IN DIE KOMBUIS • Moenie jou gesin se oorskiet mors of weggooi nie! Vries dit vir latere gebruik met ons lekker wenke hieronder

HOOIKOORS-SEISOEN: IS DIT HIER OM TE BLY? • Vroëer het hooikoors 'n paar weke per seisoen geheers, maar die klimaatkrisis laat stuifmeel langer in die lug bly en nuwe allergene opduik, so nou sukkel ál meer mense maande aaneen. Kenners weeg in oor die oorsake en gee raad

AS DIE KINDERS OORSEE WOON • Hoe gemaak as jou kroos oor die waters is en jy hulle net oor video-oproepe sien? Bly só in voeling met jou kind

Waarom vroue meer geldstres ervaar • 'n Nuwe peiling wys vroue dra 'n swaarder finansiële las as mans – en dié stres volg hulle tot in hul huislewe

SLENTERS? DIÉ STYRDERS SÊ AIKÔNA! • Hulle is nog bloedjonk en het saam ’n teenbedrog-maatskappy opgebou wat nou transaksies in meer as 70 lande monitor

JOU KIND EN UITSLAGSIEKTES: KEN JOU KOLLE • Skielik verskyn daar rooi kolle...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans